Ek is gebore in Boksburg aan die Oos Rand, en het van kleins af luidkeels saam met die langspeel plate gesing tot groot vermaak van ons gesin. Later het ek in die skoolkoor gesing en items in die kerk gebring. Ek sou egter nooit kon droom dat ek eendag voltyds ‘n sanger sou wees nie – en veral nie ‘n Gospelsanger nie!
Na skool het ek teologie gaan studeer maar nooit voltyds tot die bediening toegetree nie. Na 6 jaar se om- en afdraai paaie, het ek maar soos Jona van ouds besef jy kan probeer wat jy wil, maar as daar ‘n roeping op jou lewe is, moet jy een of ander tyd reageer op Sy stem - anders sal daar altyd ‘n leemte in jou lewe wees.
Die Here het met my ‘n pad begin stap, en ek het telke maal besef, my sangbediening is meer as net ‘n paar itemme of om mense te vermaak. Deur my sang wil ek as instrument in God se hand, mense bemoedig en aanspoor om hul Christenskap uit te leef.