www.johanswanepoel.co.za Tuisblad Kontak My
  Leef vir meer as jouself!
   
   
   
   
             
Leer Meer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek is gebore in Boksburg aan die Oos Rand, en het van kleins af luidkeels saam met die langspeel plate gesing tot groot vermaak van ons gesin. Later het ek in die skoolkoor gesing en items in die kerk gebring. Ek sou egter nooit kon droom dat ek eendag voltyds ‘n sanger sou wees nie – en veral nie ‘n Gospelsanger nie!

Na skool het ek teologie gaan studeer maar nooit voltyds tot die bediening toegetree nie. Na 6 jaar se om- en afdraai paaie, het ek maar soos Jona van ouds besef jy kan probeer wat jy wil, maar as daar ‘n roeping op jou lewe is, moet jy een of ander tyd reageer op Sy stem - anders sal daar altyd ‘n leemte in jou lewe wees.

Die Here het met my ‘n pad begin stap, en ek het telke maal besef, my sangbediening is meer as net ‘n paar itemme of om mense te vermaak. Deur my sang wil ek as instrument in God se hand, mense bemoedig en aanspoor om hul Christenskap uit te leef.

In 2000 stel ek my eerste album “ Jy is en bly My kind” vry. WOW, ek kan nie beskryf hoe ongelooflik dankbaar ek daardie aand was vir so ‘n groot voorreg nie. Ek sou nooit besef wat ek alles van daardie dag af sou beleef nie!

Ek is getroud met ‘n ongelooflike vrou. Rika is sowaar my steunpilaar. Ons het ook twee seuns, Gerhard en Markus.

Januarie 2008 is ek al 7 jaar voltyds besig met my sangbediening. My nuwe album “Kyk na Hom” sien die lig in April 2008. Ek is verskriklik opgewonde oor my nuwe album. Die CD bevat van my eie liede, waarvan die snit “Hou my trou” seker my gunsteling is.

Daar is die volgende CD's en DVD's beskikbaar:

  1. Blye Versekering
  2. Dankie Pa
  3. Deurgedra
  4. Kyk na Hom
  5. Hou my trou (DVD)
  6. Kyk na Hom “LIVE” (DVD)

Ek bedien net waar die mense my nooi, en is beskikbaar vir kerkdienste, damestee's, kermisse, gesinsontbyte of net waar die Here se naam groot gemaak word. Nooi my gerus om daar by jou gemeente kom bedien!

U kan my kontak deur my webtuiste of skakel gerus my besprekingsagent: Rika 083 298 2679


     
             
   
  Alle regte word voorbehou PC 2008

Webtuiste met trots geborg deur InterImage Design en spasie verskaf deur InterImage Hosting